Amupanda benadruk kommunale grondregte 

AR-aktivis Job Amupanda het vandag die kwessie aangespreek van dorpe wat na private mahangu-velde uitbrei in kommunale grond in die noorde van Namibië. Amupanda het op sy sosiale media-blaaie geskryf dat ‘n eienaar van ‘n tradisionele mahangu-veld die reg het om aan te hou werk op sy of haar veld, totdat die dorpsraad ten volle betaal het. Hy sê dis verkeerd dat sommige dorpsrade van mense verwag om weg te trek van hul tradisionele huise wat binne die dorpsgrond is, hoewel hulle nie ten volle vergoed word nie. Die Oshakati-dorpsraad se hoof uitvoerende beampte, Timoteus Namwandi, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gepraat.