SA-regbank is onpartydig – Zondo

Die aangewese hoofregter in Suid-Afrika, Raymond Zondo, het plegtig onderneem die regbank sal voortgaan om respek af te dwing en sal onpartydig bly. Hy het tydens ‘n inligtingsessie gesê posisies op die regbank word nie gevul gebaseer op gewildheid nie, maar om geregtigheid te verseker. Zondo het dié aangeleentheid aangeraak, nadat verskeie mense gesê het hulle het vertroue in Suid-Afrikaanse howe verloor. Hy sê die land se regbank is heeltemal onafhanklik: