SA-presidensie sê beurtkrag sal nog 18 maande duur

Die Presidensie in Suid-Afrika sê beurtkrag gaan nog minstens 18 maande lank voortduur, maar die regering se energieplan vorder. Die plan sluit ingryping in wat vraag en aanbod betref en is daarop gemik om die gaping te vernou tussen die daaglikse spitstydvereiste van sowat 33-duisend megawatt en die 28-duisend megawatt wat beskikbaar is. Die Presidensie se woordvoerder, Rudi Dicks, sê die kragkrisis is die grootste knelpunt vir ekonomiese groei en werkskepping.