Okahandja-plakkers ruk op na minister in Windhoek

Lede van informele nedersettings van Okahandja is ontevrede met hoe hul oproepe om dienste deur die plaaslike owerhede hanteer word. Hulle het besluit om na Windhoek te ry waar hulle op 21 Oktober na die kantoor van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling in die hoofstad sal opruk om kwessies van grondbesit aan te spreek en broodnodige gronddienste by Okahandja te eis. Sydney Gariseb, ‘n grond-aktivis van Okahandja sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sal nie die kwessie los nie.