8 vas in Rusland vir Kerch-brug sabotasie

Rusland het agt verdagtes in hegtenis geneem oor ‘n ontploffing wat ‘n strategiese brug beskadig het wat die geannekseerde Krim met Rusland verbind. Moskou beskou Saterdag se ontploffing op die Kerch-brug as ‘n “terreuraanval” wat deur die Oekraïnse geheime dienste georganiseer is. Rusland se Federale Veiligheidsdiens sê daar is vyf Russe en drie burgers van die Oekraïne en Armenië onder die groep. Volgens Russiese media is plofstof in plastiekfilmrolle gestoor wat die Oekraïnse hawe van Odesa in Augustus verlaat het en deur Bulgarye, Georgië en Armenië vervoer is voordat dit Rusland binnegekom het. Daar is 12 mense as medepligtiges geïdentifiseer.