SA Poskantoor te bankrot om verskaffers te betaal

Die DA sê die verval van die Poskantoor veroorsaak die ondergang van sakeondernemings, sommige klein, medium en groot, omdat hy nie sy verskaffers kan betaal nie en vernietig so die inkomste van vele Suid-Afrikaners. ‘n DA-parlementslid, Solly Malatsi, sê die party sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen sodat verskaffers aan die regering betyds betaal word.