SA politici gevra om ondersteuners aan te moedig om in te ent

Die Suid Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa, het vandag die land se politieke partye en leiers gevra om hul ondersteuners aan te moedig om vir hul Covid-inentings te gaan. Ramaphosa het vroeër vandag gesê dat hy nie wil hê dat die land se plaaslike regeringsverkiesings, wat op 1 November gaan plaasvind, in ‘n super-verspreiding-geleentheid moet ontaard nie. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.