Gobabis Landbouskou skop môre af

Die Gobabis Landbouskou skop môreoggend op dié Oostedorp af. Groot opgewondenheid heers onder inwoners en die landbougemeenskap van dié dorp in die Omaheke-streek. Alles is slaggereed vir die landbouskou, vertel Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus uit Gobabis.