SA verkiesingsdatum as 1 November in Staatskoerant gepubliseer

Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Nkosazana Dlamini Zuma, het die datum van die munisipale verkiesing wat vir 1 November geskeduleer is, in die Staatskoerant laat publiseer. Dit is gedoen soos vereis deur artikel 150 van die Grondwet, en die Wet op Munisipale Strukture, wat bepaal verkiesings moet aan die einde van ‘n vyf jaar plaaslike regeringstydperk binne 90 dae gehou word. Dlamini Zuma sê sodra die verkiesingsuitslae bevestig is, word rade vir al 48 distrikte, agt metropolitaanse en 205 plaaslike munisipaliteite in elk van die nege provinsies verkies.