SA polisieminister: Zuma word Woensdag in hegtenis geneem

Suid-Afrikaanse polisieminister Bheki Cele sê die polisie tref tans voorbereidings om voormalige president Jacob Zuma Woensdag in hegtenis te neem om sy 15 maande vonnis vir minagting van die hof te begin uitdien. Hulle is egter nie haastig nie, omdat Zuma môre die hooggeregshof in Pietermaritzburg vir ‘n interdik om sy inhegtenisneming te voorkom. Die Konstitusionele Hof sal op 12 Julie sy hofaansoek aanhoor om die uitspraak en die vonnis vir minagting te herroep.