Nóg ses moet nog voor staatskapingskommissie getuig

Voorsitter Raymond Zondo sê die staatskapingskommissie gaan later die maand die getuienis van nog hoogstens ses mense aanhoor voor sy werk afgerond word. President Cyril Ramaphosa sal onder die oorblywende getuies wees. Zondo is nog drie maande gegee om die kommissie se mandaat af te handel, wat beteken sy verslag moet teen einde September gereed wees. Die kommissie het in 2018 met sy verhore begin en dit het tot nou meer as ‘n miljard Namibiese dollar gekos.