SA polisieminister vra hulp van gemeenskap in misdaadstryd

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie te help om misdaad te beëindig. Dit volg na die veiligheids-groepering vandag Khayelitsha in Kaapstad besoek het, nadat 11 mense in ‘n skietvoorval dood is. Cele sê die samewerking tussen polisie en gemeenskappe om verdagtes vas te trek, sal veiliger gemeenskappe tot gevolg hê.