KinoNamibia-filmfees vind vanjaar in Augustus plaas

Die KinoNamibia-filmfees is uiteindelik terug na twee jaar van afwesigheid weens die Covid-pandemie. Die drie daagse filmfees sal vanaf 26 tot 29 Augustus plaasvind. Die openbare rolprentvertoning sal op 29 Augustus om ses-uur die aand by die Goethe Instituut se ouditorium in die hoofstad plaasvind. Die skakelbeampte van die filmfees, Josephine Simeon, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.