Parlementslede moet bestuursbesluite vinniger neem – Kandetu

Die sekretaris van die Nasionale Vergadering, Lydia Kandetu, het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat parlementêre personeel verseker dat bestuursbesluite vinnig geneem word en dat die publiek gereeld op hoogte gehou word van parlementêre aktiwiteite. Kandetu het vandag by die opening van die opleidingswerksessie genaamd ‘Enhancing Participatory Democracy in Namibia’, op Swakopmund gepraat. Die vyf dae lange werkswinkel is vir voorsitters en adjunkvoorsitters van staande komitees, sowel as hoofswepe en adjunkswepe van politieke partye. Kandetu sê die werkswinkel het ten doel om ‘n platform te skep vir die leierskap van staande komitees van die parlement,  om hul uitdagings te navigeer en konflik tussen onder meer parlementslede te verminder, terwyl dit ook die belangrike rol van voorsitters en adjunkvoorsitters beklemtoon in die verskillende komitees wat hulle dien.