Man steek homself aan die brand voor New York hof

‘n Man het homself Vrydag buite die New Yorkse hofgebou waar Donald Trump se geskiedkundige verhoor plaasvind, aan die brand gesteek. Die man het etlike minute lank gebrand ten aanskoue van televisiekameras wat buite die hofgebou opgestel is. Ooggetuies sê hy het pamflette uit sy rugsak gehaal, dit in die lug gegooi en toe ‘n vloeistof oor homself gestort wat hy aan die brand gesteek het. Die pamflette se opskrifte het gelees “bose miljardêrs” maar met geen verwysing na Trump nie. Hy het oorleef en is tans in ‘n kritieke toestand in ‘n hospitaal.