Namibië moet bek-en-klou-vrye status beskerm

‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee oor die impak van bek-en-klouseer in Suid-Afrika op Namibië. Daar is ‘n herlewing van bek-en-klouseer in verskeie provinsies soos Noordwes, Vrystaat, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal. Die DA in die Wes-Kaap het ‘n beroep op boere regoor die provinsie gedoen om op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te wees en al die nodige veiligheidsmaatreëls te tref om die uitbreking en verspreiding van bek-en-klouseer in die Wes-Kaap te voorkom. Die Namibiese landboukundige Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hierdie situasie die Namibiese vleismark kan beïnvloed.

Hy het beklemtoon Namibië moet sy bek-en-klouseer-vrye status ten alle koste beskerm.