SA-parlementsgebou sal R1,2 miljard kos na brand

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, sê net meer as 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand is nodig om die Nasionale Vergadering-gebou, wat in Januarie deur ‘n brand verwoes is, te herbou. Zandile Mafe is in verband met die brand in hegtenis geneem en staan tereg op verskeie aanklagte, waaronder huisbraak met die doel om terrorisme te pleeg, twee aanklagte van brandstigting, en diefstal. De Lille sê die Nasionale Vervolgingsgesag en Speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ‘n afskrif van die finale verslag oor die brand en die herboukoste ontvang.