Salt Youth Festival ‘n reuse-sukses, krieket groei

Krieket Namibië sê die negende Salt Youth Festival wat die naweek aan die kus gehou is was ‘n reuse-sukses met 11 onder-13 spanne en 12 dogterspanne wat deelgeneem. Daar’s nog aksie wat vanaf 8 tot 11 September verwag kan word met die onder-11 spanne wat dan sal deelneem. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte Johan Muller sê die sportkode groei uiters goed.