SA Padvragvereniging vra dat paaie oop bly

Die Padvragvereniging in die buurland doen ‘n beroep op die ministers van polisie en vervoer om wetstoepassingsbeamptes opdrag te gee om seker te maak paaie bly oop vir alle burgers. Dit volg nadat vragmotorbestuurders paaie by Middelburg in die Karoo en in KwaZulu-Natal versper het. Die vereniging sê die voortslepende aanvalle op die vervoer-voorsieningsketting en die opsetlike optrede deur sektore wat voortgaan met agendas buite hulle gesamentlike onderhandelingstrukture, moet gestop word.  Hulle sê die regering moet ook ‘n oplossing vind vir die onwettige buitelandse burgers wat in die bedryf werk.