Vermoorde NG-dominee se vermiste man gevind

‘n Vermoorde NG-dominee van KwaZulu-Natal se man is vanoggend ongedeerd gevind nadat hy die naweek verdwyn het. Werner de Jager se vrou, Liezel, se liggaam is vroeër die maand in hulle agterplaas in Amanzimtoti gevind. Volgens ‘n lykskouing is sy verwurg. De Jager is by ‘n ou suikermeule naby die dorp in sy motor aangetref nadat ‘n verbyganger die polisie in kennis gestel het. Hy het blykbaar onsamehangend gepraat en sal na verwagting onder polisiebewaking mediese toetse ondergaan.