SA-owerhede waarsku oor brandstofbesparing-toestelle

Almal probeer spaar op brandstof. In Namibië gaan owerhede gebuk ons onwettige Angolese brandstof wat ingesmokkel word en in die Kaap, is daar toestelle… Die DA in die Wes-Kaap maan motoriste om bedag te wees op toestelle wat in motors installeer word om brandstof te bespaar. Dit sluit in brandstofbyvoegings, magnete en lugvloei-wysigers. Ricardo Mackenzie van die DA sê baie van die toestelle is deur Sasol se brandstofnavorsingsgerief in Kaapstad nagegaan, wat bevind het daar is net ‘n 0,5 persent verskil in brandstofverbruik. Mackenzie sê dit dui daarop die toestelle is relatief ondoeltreffend: