SA-owerhede soek steeds vir Bushiri

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, sê die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, se uitleweringsproses vanuit Malawi is nog nie voltooi nie. ‘n Malawiese hof vertraag die proses waar Bushiri dit teenstaan. Lamola sê dit is steeds die regering se bedoeling om Bushiri na Suid-Afrika terug te bring om verhoor te word. Die profeet en sy vrou het einde verlede jaar gevlug te midde van hul bedrog- en geldwassery-verhoor.