CRAN konsulteer oor SIM-registrasie

Die Namibiese kommunikasie-owerheid het openbare konsultasies in verband met die registrasie van SIM-kaarte gehou. Die inligtingsministerie het onlangs die bepaling in die Staatskoerant gepubliseer. Volgens Emilia Nghikembua, hoof uitvoerende beampte van CRAN, moet alle diensverskaffers die registrasie proses hanteer en die inligting veilig bewaar. Sy voeg by dat die regulasies finaal geïmplementeer sal word wanneer die bepalings gefinaliseer is. Die regulasie sal toelaat dat bedrieërs vinniger opgespoor sal word. Die grootste uitdaging is die veilige bewaring van die inligting en natuurlik ook, om te verhoed dat sindikate, soos wat in Suid-Afrika gebeur het, geregistreerde SIM-kaarte op die swartmark verkoop.