SA oudminister Adriaan Vlok (85) sterf

Die Suid-Afrikaanse oudminister van wet en orde, Adriaan Vlok, is vanoggend in die ouderdom van 85 oorlede. Vlok het dié amp tydens die polities-onstuimige jare van 1986 tot 1991 beklee in die kabinet van PW Botha en FW de Klerk. Vlok het van 1991 tot 1994 as minister van korrektiewe dienste diens gedoen in De Klerk se kabinet. In 2006 was hy in die nuus nadat hy die voete van die voormalige sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Frank Chikane, gewas het. Chikane was gedurende Vlok se bewind die teiken van `n sluipmoord-aanval.