China gooi sy grense vandag oop

China het sy grense vandag ná sy streng Covid-regulasies vir reisigers oopgemaak. Chinese reisigers het oor die land- en see-grense van Hongkong na die vasteland van China begin stroom om vir die eerste keer hul families te sien. Beijing het ná drie jaar die vasteland se grense met Hongkong oopgemaak. Dit beëindig ‘n vereiste vir inkomende reisigers om in kwarantyn te gaan, wat ‘n laaste pilaar van die geen-Covid-beleid afbree. Dit het China se burgers teen die virus beskerm, maar hulle ook van die res van die land en die wêreld afgesny.