SA opposisie bekommerd oor tweede fase inentings

Opposisiepartye in die buurland het hul kommer uitgespreek oor wat volgens hulle ‘n aanduiding is dat die regering nie ten volle voorbereid is op die tweede fase van die Covid-19-inentings nie. Burgers van 60 jaar en ouer het vandag begin om die entstof te ontvang, maar daar was verskeie tekortkominge, insluitend die Noord-Kaap wat slegs een perseel het en 2 400 verpleegsters om die hele provinsie te bedien. Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het die uitdagings erken, maar gesê alle stelsels in die meeste dele van die land is op dreef.