Rekordgetal migrante-kinders stroom na VSA

Amerikaanse President Joe Biden se Perssekretaris Jen Psaki sê die kwessie oor die invloei van migrante-kinders na Amerika is verskriklik. In Maart het ‘n rekordgetal van byna 19 000 minderjarige kinders sonder toesig deur die suidelike grens na Amerikaanse fasiliteite gestroom.