SA onderwysminister moet sê oor bedrogspul

Die DA doen ‘n beroep op die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, om die publiek in haar vertroue te neem. Dit handel oor die vordering met die ondersoek na die bedrog-skandaal met matrieks waarby onderwysers en leerders verlede jaar glo in Mpumalanga betrokke was. ʼn Woordvoerder van die DA, Baxolile Nodada sê die party doen ’n beroep op haar om voor Donderdag ’n verslag oor die bevindinge van die ondersoek bekend te maak, wanneer matriek-uitslae bekend gemaak word.