VN: Switsers, Noorweërs en Yslanders leef die langste

 Die Ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies het bekendgemaak dat meer as 90 persent van alle lande ʼn daling in hulle lewensverwagting ervaar. Die jongste verslag bevind dat die wêreldwye lewensverwagting tussen 2019 en 2021 met ʼn jaar-en-ʼn-half verminder het van 72,8 tot 71,4 jaar. Uit altesaam 191 lande is Switserland, Noorweë en Ysland bo-aan die indeks. Die administrateur van die program, Achim Steiner sê in ʼn verklaring dat mense in baie lande heelwat vroeër sterf, minder geleerd raak en inkomstes daal.