SA onderwysers moet steeds inent, ongeag vakansie

Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, doen ‘n beroep op onderwysers om voort te gaan met hulle geskeduleerde inentings al het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat skole vroeër vir die vakansie sluit. Motshekga het in die Vrystaat gesê onderwysers se inentings sal voortgaan, al is die skole gesluit.

Die minister het ook gesê alle beplande aanvullende eksamens sal geskryf word.