Meer as 20 000 aktiewe Covid-gevalle in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 944 nuwe Covid-gevalle aangekondig. In die groep is 317 leerders, 91 onderwysers, 55 studente en 44 gesondheidswerkers. Daar is tans 20 293 aktiewe gevalle, waarvan 555 pasiënte in hospital is en 81 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 45 sterfgevalle is in agt distrikte aangemeld.