SA onderwysdepartement vra deurlopende kragtoevoer in matriekeksamen

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys en verskeie belanghebbendes in die sektor het ‘n beroep op Eskom gedoen om gebeurlikheidsplanne in werking te stel vir matrieks wat die voorbereidings-eksamen skryf. Volgens die departement vereis van die vakke, insluitend rekenaar-toepassingstegnologie, en gespesialiseerde skole, ononderbroke kragtoevoer. Die woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die voortdurende kragonderbrekings veroorsaak angs onder die leerders.