Nampol vra publiek om ontsnapte verdagte te help opspoor

Die Namibiese polisie in die Hardap-streek doen ’n beroep op die publiek om te help soek na die gewapende rooftog-verdagte, die 49-jarige James Dayton. Volgens die koördineerder van misdaad-ondersoeke in die streek, adjunk-kommissaris Eric Clay, is die verdagte ‘n Zimbabwiese man wat nog steeds op vrye voet is nadat hy uit die Mariental-polisie-aanhoudingselle ontsnap het. Clay verskaf die kontaknommer aan Kosmos 94.1 Nuus.