Klaagliedere oor Okahandja duur voort

Okahandja se probleme wil net die end kry nie en die uitdagings duur voort. Daar blyk om min kommunikasie tussen owerhede te wees en op die oomblik, is al drie vullisvragmotors steeds stukkend met ‘n bakkie wat moet volstaan en naweke vullis verwyder. Charl Coetzee van Orpa, en ook ‘n raadslid op die dorp het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

En dan is daar die kwessie van die water. Blykbaar ruik dit sleg maar, sommige inwoners sê hulle raak siek. Coetzee sê die saak kry aandag.