SA omgewingsminsterie takel geblikte leeubedryf

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, het ‘n ministeriële taakspan van agt lede aangestel om vrywillige uittrede-keuses vir telers in die geblikte leeubedryf te identifiseer. Dit volg op die aanbevelings aan die minister oor die teel, jag en handel in olifante, leeus, luiperds en renosters. Die span sal toesig hou oor ‘n oudit van bestaande geriewe wat diere in gevangenskap teel om die aantal leeus en potensiële grondgebruik-keuses binne die bioverskeidenheids-ekonomie te bevestig. Die taakspan sal na verwagting sy werk teen 30 Junie volgende jaar voltooi.