Eskom-hoof sê hy bedank weens geen politieke steun

Eskom se uittredende uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê hy hoop sy bedanking maak voorsiening vir die aanstelling van ‘n meer geskikte kandidaat. Hy sal na verwagting tot Maart volgende jaar by Eskom aanbly om ‘n gladde oorgang te verseker. De Ruyter het bevestig dat sy bedanking verband hou met die feit dat hy geen politieke steun ontvang nie.