Politieke ontleder: Hage klou aan sy presidentkap vas

‘n Namibiese politieke ontleder dr. Hoze Riruako sê President Hage Geingob gaan homself kritiek op die hals haal weens sy besluit om sy grondwetlike termyn van vyf jaar as die Swapo Party-president tot die volgende Swapo-kongres ten volle uit te dien. Die feit dat Geingob vir adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah as herverkose Swapo-visepresident bekragtig het, is verblydend. in haar Riruako sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit skep die indruk dat Geingob aan sy presidentskap vasklou.