SA nog in derde vlaag

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê Suid-Afrika is steeds hardnekkig vasgevang in die derde vlaag van Covid-19. Hy het vanoggend die jongste nuus oor die land se reaksie op die pandemie bekendgemaak. Phaahla sê in die afgelope sewe dae was daar ‘n toename van 18,2 persent in nuwe Covid-19 infeksies, met die meeste in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap. Die minister het ‘n ernstige beroep op diegene in die 18- tot 34-jaar ouderdomsgroep gedoen om van vandag af ingeënt te word en nie na fopnuus te luister nie: