Boomplanters word gevier deur Botaniese Vereniging

Ter viering van Wêreld-boomplantdag op 8 Oktober, gaan die Namibiese Botaniese Vereniging sertifikate van erkenning aan enige persoon, maatskappy, organisasie, skool of instelling gee wat uit hul pad gaan om inheemse bome te beskerm en te bewaar. Diana Thompson, ‘n lid van die uitvoerende komitee van die Botaniese Vereniging, verduidelik die belangrikheid van inheemse bome aan Kosmos 94.1 Nuus.

Thompson praat ook oor die toekennings en nominasies vir diegene wat moeite doen om inheemse bome te bewaar.