Erongo-polisie kla oor vals leidrade na rooftog

Die Erongo-polisie soek steeds na twee verdagtes wat na bewering betrokke was by die rooftog van Woermann Brock in Mondesa, Swakopmund. Drie verdagtes is reeds vas maar Inspekteur Ileni Shapumba sê hulle het uitdagings met vals leidrade wat deur die publiek verskaf word.