SA Nasionale Ruimte-agentskap hou sonvlam dop

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap sê ‘n uitbarsting op die son se oppervlak ‘n paar dae gelede het ‘n koronale massa-uitwerping veroorsaak waarvan die uitwerking nou op die aarde se magnetiese veld wys. ‘n Woordvoerder, Robert Daniel, sê dit word as ‘n G2-storm geklassifiseer en kan kommunikasie met ruimtetuie ontwrig. Dit benodig dus opdaterings van satellietposisie-berekeninge weens die verhoogde weerstand. Die agentskap se ruimte-weersentrum monitor voortdurend sonkrag aktiwiteit en verskaf waarskuwings oor die uitwerking daarvan op tegnologie en bedrywighede in Suid-Afrika.