Meer as 200 000 mense in Namibië ten volle ingeënt

Die Namibiese gesondheidsministerie het geen Covid-sterftes en 38 nuwe gevalle uit 1 421 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,7 persent verteenwoordig. In die groep is 15 leerders van verskillende skole asook een student en onderwysers elk. Daar is nou 1 048 aktiewe gevalle waarvan 66 in hospitale is en agt in intensiewesorgeenhede. Altesaam 209 055 mense is ten volle ingeënt.