SA ‘n groot wêreld-rolspeler in kernfisika

Die Nasionale Navorsing-stigting sê Suid-Afrika het bewys hy is een van die groot wêreld-rolspelers in kernfisika. Fisici het die werk wat die wetenskaplike navorsingsentrum, iThemba LABS, doen met die doel om kanker-terapieë te verbeter, uitgelig op die onlangse 2022 Internasionale Kernfisika-konferensie in Kaapstad. Die stigting beklemtoon die belangrikheid van hierdie navorsing, nadat ‘n studie voorspel het dat ten minste een miljoen mense in Afrika teen 2030 aan kanker sal sterf.