SA dwelmverslaafdes verkoop hul identiteite aan sindikate

Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die feit betreur dat jongmense wat aan dwelms verslaaf is, hul identiteite aan sindikate verkoop. Sindikate verkoop dan dié Suid-Afrikaanse identiteite aan onwettige immigrante. Die minister sê sommige van die jongmense verkoop hul identiteite vir so min as 500 Suid-Afrikaanse rand en sê dit stook korrupsie by binnelandse sake-kantore. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer inligting.