DA-leier sê Eskom moet bedryfskenner van buite aanstel

Die DA-leier, John Steenhuisen sê President Cyril Ramaphosa moet ‘n bedryfskenner van buite aanstel om toesig te hou oor die implementering van die Energie-reaksieplan. Hy het virtueel met die publiek gepraat en sê die regering moet nou tot aksie oorgaan om die kragonderbrekings te beëindig en die sukkelende ekonomie te red.