SA Museums, geskiedkundige terreine moet reggeruk word

Die Demokratiese Alliansie vra die Suid-Afrikaanse Departement van Sport, Kuns en Kultuur om met ‘n aksieplan vorendag te kom om museums, instellings en geskiedkundige terreine in Suid-Afrika te red. Die party se Adjunkwoordvoerder vir die Portefeulje, Veronica van Dyk, sê dit het aan die lig gekom dat die Apartheidsmuseum en die Liliesleaf-erfenisterrein in Johannesburg hul deure sal moet sluit, terwyl die Robbeneiland-museum ook verwaarloos is. Sy sê hierdie instellings se finansiële situasies het verder agteruitgaan tydens die Covid-inperking.