Bedrog in Psemas vasgevat

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n verkrygingnasporingsbulletin van stapel gestuur wat fokus op die Namibiese regering se mediese fonds, Psemas. Die IPPR se Direkteur, Graham Hopwood, sê groot kommer heers oor Psemas weens jare lange bedrog en dokters wat te veel eis. Hy sê daar moet seker gemaak word dat hierdie nie weer gebeur nie en fondse nie vermors word nie. Hopwood verduidelik.