Vroue ly finansieel meer weens pandemie

Die Internasionale Monetêre Fonds sê die Covid-pandemie kan die afgelope dekades se vordering met vroue se posisie in die werkplek ongedaan maak weens die groter uitwerking op vroue se salarisse, indiensneming en opleidings-moontlikhede. Navorsing toon dat die pandemie veral groot verliese meegebring het vir vroue met jong kinders wat minder ure by die kantoor kon gaan werk as mans.