SA Motorbedryf-transformasiefonds belê in vroue

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die Motorbedryf-transformasiefonds het hom daartoe verbind om 30 persent van die algehele besteding toe te wys om geslags-transformasie in die bedryf te bevorder. Ramaphosa het vandag die Tweede Vroue Ekonomiese Vergadering in Pretoria toegespreek. Dit sal oor ‘n tydperk van vyf jaar sowat 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop. Ramaphosa sê uit die 13 transformasie-ondernemings wat die fonds vanjaar ondersteun het, is agt in vrouebesit.