Franse skrywer wen Nobelprys vir Letterkunde

Die Franse skrywer, Annie Ernaux, is die wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Die Sweedse Akademie in Stockholm sê sy word vereer vir die moed en kliniese skerpheid waarmee sy die wortels, vervreemdings en gemeenskaplike beperkings van persoonlike geheue ontbloot. Die 82-jarige Ernaux se loopbaan as skrywer het in 1974 begin met die outobiografiese boek Cleaned Out. Dit is die vierde Nobelprys wat die week toegeken is. Die ontvanger van die gesogte Vredesprys sal môre aangekondig word, gevolg deur die laaste een vir Ekonomie, wat Maandag onthul sal word.